BLOEDBROERS - Na die Slagveld van Smokeshell en terug
Afrikaans

About The Book

Dis politici wat oorlog verklaar nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . . - Marco Caforio ouddienspligtige

Op 10 Junie 1980 gedurende 'n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep 'n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe die 18-jarige HP Ferreira is met 'n 145 mm-masjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.

Louw nog met die bloed van sy manne aan sy klere en 'n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in 'n Ratel wat deur 'n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

Piracy-free
Piracy-free
Assured Quality
Assured Quality
Secure Transactions
Secure Transactions
Delivery Options
Please enter pincode to check delivery time.
*COD & Shipping Charges may apply on certain items.
Review final details at checkout.
downArrow

Details

LOOKING TO PLACE A BULK ORDER?CLICK HERE