Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling uit drie Gelofte-oorkondes: (1) Die Kommandantsverslag in die (tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na die Bloedrivier-veldslag; (2) Die Kommandojoernaal binne enkele maande na (1) in dieselfde koerant afgedruk; en (3) Cilliers se sterfbedherinnerings meer as 30 jaar later deur Hofstede gepubliseer. ('n Cilliers-brief met soortgelyke inhoud het ook gedeeltelik behoue gebly.) Vir die heel eerste keer word al die Gelofte-oertekste in oorspronklike weergawe noukeurig en volledig in 'n enkele bundel weergegee saam met al die redaksionele kommentaar wat in De Zuid-Afrikaan daaromheen verskyn het. Na elkeen van die transkripsies word 'n skandering uit die vroegste-behoue uitgawes van die oorkondes gegee naamlik van daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording bevat. Die bundel sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en met die gangbare weergawe vergelyk word.
Piracy-free
Assured Quality
Secure Transactions
Delivery Options
Please enter pincode to check delivery time.
*COD & Shipping Charges may apply on certain items.