Met hierdie digbundel is die gedagtes en diep gevoelens van die digter vasgevang soos hy die pad aanskou op sy lewenstog. Die tweede bundel is weereens n opregte uitbeelding van die innerlike gevoel en emosies van menswees. Liefde geloof die pyn van teleurstelling en nuwe hoop vir die toekoms vorm n goue draad deur die bundel wat die leser sal vasvang in die woorde van Raymond Bridges.