<p><strong>Soekend</strong> vertel die verhaal van 'n jong vrou wat haarself in die middel van 'n woestyn bevind - nie net die dor landskap rondom haar nie maar ook die storm wat diep binne haar hart woed. In haar reis ontdek sy die klein diertjies van die woestyn as haar vriende en die sandduin word haar plek van vertroosting en stilte.</p><p>'n Skerpioen kruip oor haar pad 'n teken van gevaar maar ook van oorlewing. Elke tree vorentoe word 'n soektog na antwoorde na vrede na die lig waarna sy smag.</p><p><em>Soekend</em> is 'n verhaal van verlange en hoop van seer en genesing - 'n reis deur donkerte na die stilte van 'n nuwe begin.</p>
Piracy-free
Assured Quality
Secure Transactions
Delivery Options
Please enter pincode to check delivery time.
*COD & Shipping Charges may apply on certain items.