<p>Dis Oujaarsaand...weer.</p><p>Elke Oujaarsaand verskyn Vulcan op die verhoog by die eksklusiewste klub in die Kolonie. En elke Oujaarsaand sit skaam bibliotekaris Hestia by dieselfde tafel om na die vertoning te kyk.<br>Maar hierdie jaar maak Hestia 'n nuwejaarsbesluit wat alles kan verander.<br>As sy dit net durf waag...</p>